Die EHS-ruiters het gery dat die stof staan by beide die Mpumalanga SAWMGA en SANESA vyfde en sesde kwalifiserende rondes by Pienaardam, Middelburg oor die naweek van 5 en 6 Junie.
Die Errie-ruiters behaal die volgende plekke in die Q-6 kwalifiserende ronde:
Level 1: Carmien Pretorius behaal ‘n algehele eerste plek.
Level 2: CJ Steenkamp behaal ‘n algehele eerste plek.
Level 3: Inge van Der Walt behaal ‘n algehele eerste plek en Walter van Der Walt behaal ‘n algehele tweede plek.
Level 4: Melissa Olivier behaal ‘n algehele eerste plek, Carli Huber ‘n algehele tweede plek en Inge van der Walt ‘n algehele vierde plek.
In die Q-5 kwalifiserende ronde:
Level 1: Carli Huber behaal ‘n algehele eerste plek en Carmien Pretorius ‘n algehele vierde plek.
Level 4: Carli Huber behaal ‘n algehele eerste plek, Melissa ‘n algehele tweede plek en Walter van Der Walt ‘n algehele vierde plek.
EHS is besonder trots op Melissa Olivier. Sy het met haar perd, Schooby Doo Too het met die Big T-item ‘n nuwe rekord opgestel van 14.714 sekondes.
Baie geluk aan elke ruiter wat uitstekend presteer het. Hoërskool Ermelo is met reg trots op dié prestasies wat weereens bewys dat Erries uitstaan bo die res!
Foto’s verskaf