Die graad 11-landbouleerders van EHS het Woensdag, 13 September Mnr. en Me. Morné en Michelle Engelbrecht se konynboerdery gaan besoek.
Na ‘n vriendelike verwelkoming is die leerders met interessante inligting oor die boerdery verryk en sommige leerders is selfs geïnspireer om dié rigting te oorweeg vir die toekoms!
Na die akademiese verrigtinge het die leerders na ‘n groot natuurlik-gevormde brug gaan kyk, vol adrenalien van ‘n 12 meter krans in yskoue water gespring en die dag afgesluit met ‘n rustige braai langs ‘n dam.
Die leerders is baie opgewonde oor die hele ervaring en hulle verklaar trots: “Errie-landbou is ‘n fees!”
Die Erries bedank die Engelbrecht-egpaar vir die voorreg om die uitstappie na die konynboerdery te kon geniet.