)

Hoërskool Ermelo Landbouleerders se praktiese ondervinding verbreed

Die graad 11 Landbouwetenskapleerders van Hoërskool Ermelo, het Woensdag 18 Oktober 2017 vertrek na Wykom Boerdery op die Hendrina- en Bethalpad. Daar het mnr. Pieter Strydom en sy span die Erries hartlik ontvang het.

Die dag het afgeskop met ‘n vinnige oorsig van die boerdery. Mnr. Strydom het aan die leerders verduidelik hoe hy sy grond bewerk en watter implemente hy in sy lande gebruik. Hy het hulle ook gewys hoe dit werk, sodat elke leerder die kans gegun kon word om self die trekker te ry en ‘n stukkie te plant.

Na die opwindende sessie, is die leerders na die BKB-stoor op mnr. Strydom se plaas waar die mielies gesorteer en gestoor word. Hulle is daarna na die meule waar hulle eerstehands kon sien hoe die mieliepitte tot mieliemeel verwerk word.

Ter afsluiting van ‘n baie aangename dag het hulle heerlik gebraai en elke leerder is met ‘n 5kg sak mieliemeel daar weg!

Van die Erries se kant af, baie dankie aan mnr. Pieter Strydom en sy span wat die dag so opwindend en heerlik gemaak het.

Op die foto bo:  Die groep leerders met elk sy sak meel na ‘n opwindende dag.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal