Die graad 11 Landbouwetenskapleerders van Hoërskool Ermelo, het Woensdag 18 Oktober 2017 vertrek na Wykom Boerdery op die Hendrina- en Bethalpad. Daar het mnr. Pieter Strydom en sy span die Erries hartlik ontvang het.
Die dag het afgeskop met ‘n vinnige oorsig van die boerdery. Mnr. Strydom het aan die leerders verduidelik hoe hy sy grond bewerk en watter implemente hy in sy lande gebruik. Hy het hulle ook gewys hoe dit werk, sodat elke leerder die kans gegun kon word om self die trekker te ry en ‘n stukkie te plant.
Na die opwindende sessie, is die leerders na die BKB-stoor op mnr. Strydom se plaas waar die mielies gesorteer en gestoor word. Hulle is daarna na die meule waar hulle eerstehands kon sien hoe die mieliepitte tot mieliemeel verwerk word.
Ter afsluiting van ‘n baie aangename dag het hulle heerlik gebraai en elke leerder is met ‘n 5kg sak mieliemeel daar weg!
Van die Erries se kant af, baie dankie aan mnr. Pieter Strydom en sy span wat die dag so opwindend en heerlik gemaak het.
Op die foto bo: Die groep leerders met elk sy sak meel na ‘n opwindende dag.