Op Woensdag, 13 Februarie, het die graad 10-leerders van Hoërskool Ermelo hul eerste uitstappie vir 2019 geniet.
Hulle het die Boeredag wat deur die Drakensberger telersgenootskap aangebied is op Amersfoort op mnr. Petrus Taljaard se plaas bygewoon.
Die leerders het geleer van seleksie in veeboerdery, eienskappe wat belangrik is in teling van vee, siekteverspreiding en beheer, asook versorging van vee.
Daar was praktiese demonstrasies van die seleksieproses, asook van verskeie implemente.
Die Erries is dankbaar vir die onvergeetlike ervaring en bedank graag die Drakensbergergenootskap en mnr Petrus Taljaard vir die geleentheid.