Die Erries neem elke jaar deel aan die kunskompetisie wat deur die Departement van Onderwys geloods word en vele top tien plekke is al deur die Erries ingepalm. Hierdie jaar se Errie-presteerders is gekies uit 137 inskrywings regoor die provinsie. Dit is ‘n merkwaardige prestasie!
Sewe Visuele kunste-leerders van Hoërskool Ermelo het hierdie jaar ingeskryf vir die Mpumalanga Kunskompetisie en ontvang meriete-toekennings van die Departement van Onderwys.
Die tema vir 2020 was ‘Heritage Re-imagined’. Die leerders moes unieke kunswerke skep waarin hulle die tema vanaf konseptualisering tot ‘n produk op ‘n kreatiewe wyse moes interpreteer en uitbeeld. Hierdie tema vorm ook deel van die Graad 12 werk vir 2020.
Geluk aan die volgende leerders met goeie uitslae: Micheala Erasmus (87%), Zara Büchling (86%), Nontokozo Ngwenya (86%), Nomfundo Shabangu (85%), Cara Roos (82%), Phumelele Malinga (81%) en Geraldine Liebenberg (81%).
Hoërskool Ermelo is besonder trots op elkeen en het groot waardering vir jul besondere kunstalent, asook die leiding wat die leerders ontvang vanaf EHS se kunsonderwyser, me Carin van der Merwe. Mag elkeen van julle se se toekoms kleurvol wees!