)

Hoërskool Ermelo en ander presteer tydens Unisa-eksamen!

Vanjaar is nege kandidate ingeskryf vir die Unisa-ekamens. Hierdie eksamen word geëvalueer deur ‘n eksterne eksaminator.

Drie leerders, Timon Brundyn, graad 6 fluit (graad 9-leerder van EHS), Tamar Randell, graad 4 klavier en Kristin Lloyd, graad 1 klavier het die uitsonderlike prestasie behaal om 90% en hoër vir hul eksamen te kry en het sodoende ‘n plek op die ererol van Unisa verdien.

Daniel van der Merwe (graad 10-leerder van EHS) en Tishri du Toit het lof (bo 80%) behaal vir graad 5 klavier. Zané du Plessis en Nikao du Toit het lof vir graad 1 klavier gekry.

Sorita Holtzhausen (graad 10-leerder van EHS) het sommer vir twee instrumente, naamlik die klavier (graad 5) en fluit (graad 2) ingeskryf en albei met eervolle vermelding geslaag. Marni Prinsloo (graad 9-leerder van EHS) het haar graad 7 klavier eksamen ook met ‘n baie mooi punt geslaag.

Ons is baie trots op hierdie leerders met hul puik prestasies en ons waardeer hulle talent.

Op die foto bo:

v.l.n.r. voor: Nikao du Toit, Daniel van der Merwe, Timon Brundyn, Kristen Lloyd

Agter: Marni Prinsloo, Zane du Plessis, Tamar Randell, Tishri du Toit, Sorita Holtzhausen

UNISA 1

Foto links:

(voor vlnr): Timon Brundyn en Kristen Lloyd

Agter staan Tamar Randell

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal