Vanjaar is nege kandidate ingeskryf vir die Unisa-ekamens. Hierdie eksamen word geëvalueer deur ‘n eksterne eksaminator.
Drie leerders, Timon Brundyn, graad 6 fluit (graad 9-leerder van EHS), Tamar Randell, graad 4 klavier en Kristin Lloyd, graad 1 klavier het die uitsonderlike prestasie behaal om 90% en hoër vir hul eksamen te kry en het sodoende ‘n plek op die ererol van Unisa verdien.
Daniel van der Merwe (graad 10-leerder van EHS) en Tishri du Toit het lof (bo 80%) behaal vir graad 5 klavier. Zané du Plessis en Nikao du Toit het lof vir graad 1 klavier gekry.
Sorita Holtzhausen (graad 10-leerder van EHS) het sommer vir twee instrumente, naamlik die klavier (graad 5) en fluit (graad 2) ingeskryf en albei met eervolle vermelding geslaag. Marni Prinsloo (graad 9-leerder van EHS) het haar graad 7 klavier eksamen ook met ‘n baie mooi punt geslaag.
Ons is baie trots op hierdie leerders met hul puik prestasies en ons waardeer hulle talent.
Op die foto bo:
v.l.n.r. voor: Nikao du Toit, Daniel van der Merwe, Timon Brundyn, Kristen Lloyd
Agter: Marni Prinsloo, Zane du Plessis, Tamar Randell, Tishri du Toit, Sorita Holtzhausen
Foto links:
(voor vlnr): Timon Brundyn en Kristen Lloyd
Agter staan Tamar Randell