Twee van Hoërskool Ermelo se graad 12-leerders het met hulle besondere skryftalent ‘n gesamentlike nasionale tweede plek in Beeld se jaarlikse opstelkometisie behaal.
Hierdie leerders pluk die vrug van hulle harde werk. Elkeen ontvang ‘n kontantbedrag, asook die geleentheid om verskeie webinare en werkswinkels gratis by te woon wat deur Multi Dimensions aangebied word.
Me. Gerda van Zyl, Afrikaanse Departementshoof te EHS, deel ook in die prestasie en pryse. Baie dankie en geluk aan die Afrikaanse Departement wat help slyp het aan hierdie, en soveel ander leerders, van graad 8 af.
In haar opstel “Ballade vir ‘n enkeling”, toor Lianie Jansen van Vuuren met haar kreatiewe woordvernuf.
Yané Broekman het “Vasgevang agter tralies” op ‘n meesterlike wyse in ‘n opstel verwerk.
Die opstelle verskyn ook in die Erries se “Spoiings” – ‘n bundel met EHS-leerders se uitsonderlike skryfwerk wat jaarliks gepubliseer word.
Baie geluk aan Lianie, Yané en me. Gerda met hierdie uitsonderlike prestasie. Die Erries is trots op julle en ag julle liefde vir Afrikaans hoog.
Become a Sponsor








