Foto: Mia Davel en Tyrone Berning
Hoërskool Ermelo se topatlete het vanaf 8 tot 10 April gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Junior Atletiek-kampioenskap in die Paarl.
Dit was vir die Erries ‘n heerlike ondervinding en drie EHS-atlete spog met brons medaljes op Suid-Afrikaanse vlak:
Tyrone Berning (o/16) behaal ‘n derde plek in beide 300m-hekkies met ‘n tyd van 38,65 sekondes (pb) en in hoogspring met ‘n hoogte van 1,9 meter.
Mia Davel (o/16) behaal ook ‘n derde plek in hoogspring. Sy spring ‘n hoogte van 1,65 meter.
Carla Ferreira eindig agtste in spiesgooi met ‘n afstand van 41,08 meter.
Aan elke Errie wat deelgeneem het, baie geluk! Hoërskool Ermelo is besonder trots op elkeen se prestasie en deelname.
Foto verskaf