Tyrone Berning, graad 8-leerder van EHS, is aangewys as die nommer een seunsatleet in Suid-Afrika Skole Sport Sterre in beide hoogspring en 300 meter hekkies in die o/14-ouderdomsgroep.
Hy spog met ‘n uitstekende tyd van 40.31 sekondes in die 300 meter-hekkies en met ‘n hoogte van 1.8 meter in hoogspring.
Die plasings van die SA Skole Sport Sterre is bepaal deur die beste tye en/of afstande wat die atlete behaal het tydens 2020 se atletiekseisoen. Tyrone het beide die uitslae wat ingestuur is, behaal tydens die Noordheuwel Top 15-byeenkoms waaraan hy op 5 Februarie 2020 deelgeneem het.
Hoërskool Ermelo is met reg trots op Tyrone met dié uitsonderlike prestasie. Dit dui op harde werk, deursettingsvermoë, genade en hope talent.
Baie geluk, Tyrone! Erries is baie trots op jou.