Te midde van ‘n tyd waarin baie buitemuurse aktiwiteite tot ‘n stilstand gedwing is, het Dirk Hagen (gr. 8) gedoen wat moontlik is om steeds sy talente uit te leef.
Dirk het twee aanlynkompetisies gebruik om sy dramatiese – en redenaarsvermoëns op die proef te stel. In beide kompetisies, naamlik OppiTongAf en Con Spirito, het hy met die louere weggestap. Hy het in drie kategorieë na die finale ronde deurgedring.
In die OppiTongAf-kompetisie het hy ‘n A+ vir redenaars ontvang en sal 1-2 Oktober aan die finaal deelneem.
In die Con Spirito-kompetisie het hy aan twee kategorieë deelgeneem. Vir Redenaars het hy 93% behaal en vir Ongedramatiseerde Poësie 92%. Dirk gaan in November tot Desember Johannesburg toe om aan die eindronde deel te neem.
“Ons is baie trots op hierdie inspirerende Dee-Effer wat bly presteer in onsekere tye.”
Baie geluk, Dirk!