DF se o.14, o.15 en o.17A-spanne het die vakansie, vanaf 28 April tot 1 Mei, aan ‘n toernooi by Paarl Gimnasium deelgeneem.
Daar was verskeie spanne van die Wes-Kaap en selfs spanne so ver as Potchefstroom en Rustenburg. Die dogters het elke dag ongeveer 4 tot 5 wedstryde gespeel. Dit was ‘n baie suksesvolle toernooi. Baie gees is gebou en die afrigters kon van die geleentheid gebruik maak om die spanne vir die ligawedstryde wat eerskomende Saterdag begin, te finaliseer.
Die o.18-oefengroep het 23 en 24 April ‘n kliniek in Stellenbosch bygewoon. Erin Burger (Proteaspeler en beste senter by Wêreldbeker 2019) het die oefenkamp aangebied. Die meisies het baie geleer en die geleentheid werklik geniet.
DF sien uit na ‘n opwindende, besige netbalseisoen.
Foto’s verskaf