Die DF-blaasorkes het op Vrouedag 2021 vir ‘n heerlike verrassing by die Willowbridge winkelsentrum in Kaapstad gesorg. Hierdie gewilde orkes het besoekers met ‘n opelug middaguur-konsert bederf.
Bekende en geliefde treffers soos Eye of the Tiger, uittreksels uit die Fame-musiekblyspel en Jazz Chaconne (om maar net ‘n paar te noem! ). Hiermee het hulle die sonskyn vakansiedag vir almal wat die vrolike musiek gehoor het, ekstra spesiaal gemaak.
Dankie aan mnr. Faan en mev. Kim Malan, sowel as al die DF-Blaasorkessers en -ouers wat die spesiale konsert moontlik gemaak het! Die blaasorkes word deur me. Aletta Dorfling georganiseer en deur Faan en Kim Malan afgerig.
Hoërskool DF Malan bied ook ‘n groot verskeidenheid kultuur-aktiwiteite vir hul leerders aan: Blaasorkes, Blauw, DF Kuns en ontwerp, Debat, Dink-of-Sink, Drum Line, Fotografieklub, Herout, Koor, Musiek, Redenaars en Wye Wêreld.
Meer oor DF Malan:
https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/cape-town/