[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text”]
Die lang gewag vir die matriekklas van 2016 is uteindelik verby nadat die matriekuitslae op Donderdag 5 Januarie bekendgemaak is. Hoërskool De Aar het hul akademiese jaar op `n hoogtepunt afgesluit met die uitmuntende matriekuitslae.
Die NSS-eksamen het, soos elke jaar, hoë uitdagings aan elke leerder gestel, maar HSDA het weereens getoon dat hul op uitdagings floreer. Die bogemiddelde prestasies wat op verskillende akademiese terreine gelewer is, is beslis `n aanduider dat die skool een van die topskole in die provinsie bly.
Die matriekklas het nie teleurgestel nie en het die trotse geskiedenis van uitsonderlike prestasie voortgesit. Die skool se slaagsyfer was 98,5%, van die 67 matrikulante kwalifiseer 45 leerders om vir `n graadkursus in te skryf. Tydens die Onderwysdepartement se prysuitdeling in Kimberley is twee leerders, Jacomi du Plessis en Stephanie van der Merwe, vereer vir hul puik prestasie van 7 onderskeidings en het hul elk `n skootrekenaar en `n kontantprys van R10 000 ontvang. Ses leerders, Jacomi du Plessis, Stephanie van der Merwe, Robin Titus, Ian Visser, Janike le Roux en Juane Nel het `n gemiddelde A-simbool behaal. Terwyl `n rekordgetal van 15 leerders, Amy Clark, Onwaba Gongotha, Henru Kotze, Bartho Linde, Sinesipho Maboza, Hanél Mans, Ankia Myburgh, Lara Nel, Candice Plaatjies, Rhyno Smith, Talya Spanenberg, Luzaan Theron, Hein van der Merwe, Nicole van Syfer en Danél Venter `n gemiddelde B-simbool behaal het.
Jacomi het uitmuntend presteer met haar sewe vakonderskeidings. Sy is die dogter van mnr en me Jaco du Plessis. Jacomi was die kaptein van die eerste hokkiespan en het haar erekleure vir hokkie sowel as tennis verwerf. Sy het `n negende plek in die Noord-Kaap vir die Afrikaans Olimpiade beklee. Jacomi het gedurende die jaar verskeie akademiese prestasies gelewer en die toekenning vir die beste skolastiese prestasie deur `n dogter in Graad 12 ontvang, en was ook as HSDA se Dux-leerling aangewys. Sy gaan aptekerswese by die PUKKE studeer. Haar motto in die lewe is: ”Eer God in alles wat jy doen, en wees die beste JY wat jy kan wees.”
Stephanie spog ook met 7 vakonderskeidings. Sy is die dogter van mnr en me Nicola van der Merwe. Sy het haar erekleure vir tennis verwerf. Stephanie het `n tiende plek in die Noord-Kaap vir die Afrikaans Olimpiade beklee, en `n brons vir die Bioscience Olimpiade ontvang. Sy gaan B Sc dierkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy glo aan vasbyt en dat jy nooit moed verloor nie, want jy weet nooit wat die dag van more bring nie.
Robin het ook puik presteer met haar 5 vakonderskeidings. Sy is die dogter van mnr en me Eugen Titus. Robin was `n ywerige skaakspeler en het haar erekleure hiervoor verdien. Sy het ook die toekenning vir die beste Wiskunde leerder in graad 12 ontvang. Sy beplan om Chemical Enginering by die Universiteit van Stellenbosch te studeer.
Ian, die enigste haan onder die henne, het ook baie goed presteer met sy vier vakonderskeidings. Hy is die seun van mnr en me Fanie Visser. Hy het vanjaar vir die eerste rugbyspan as flank uitgedraf. Ian was ook HSDA se hoofseun. Hy het die toekenning vir die beste skolastiese prestasie deur `n seun in Graad 12 ontvang. Ian beplan om rekenaarsingenieurswese by die Noord-Wes Universiteit Potchefstroom te studeer.Sy motto is: “If you believe, you can achieve.”
Janike spog ook met vier vakonderskeidings. Sy is die dogter van mnr en me Philip le Roux. Sy was die onderkaptein van die eerste hokkiespan en `n kranige tennisspeler. Sy het haar erekleure vir tennis verwerf. Janike was HSDA se hoofdogter en voorsitter van die VCSV. Sy gaan B-Optometry aan die Vrystaatse Universiteit studeer. Sy glo dat die lewe nie daaroor gaan om jouself te vind nie, maar om jouself te ontwikkel.
Juané presteer baie goed met haar vyf vakonderskeidings. Sy is die dogter van mnr en me Johan Nel. Sy is `n uitmuntende toneelspeler en het aan verskeie ATKV-kompetisies deelgeneem. Juané beplan om op 12 Maart na Amerika Cleveland Ohio te vertrek waar sy as au pair gaan werk terwyl sy haarself verder in Engels gaan bekwaam. Sy was `n pligsgtroue leerder wat geglo het dat slegs harde werk jou toekoms bepaal.
Hierdie uitmuntende prestasies is nie vanselfsprekend nie en is die matriekuitslae `n proses wat alreeds vroeg in elke leerder se lewe begin. Daar moet dus ook erkenning gegee word aan elke skool wat van kindsbeen af die grondslag gelê het waarop Hoërskool De Aar voortgebou het. Gevolglik is Hoërskool De Aar se matriekuitslae toe te skryf aan volgehoue harde werk deur passievolle onderwysers wat omgee vir die leerders. Hoërskool De Aar is trots op die drome van elke matrikulant wat verwesenlik word met dié uitslae. Honderde leerders van Hoërskool De Aar lewer vandag `n groot bydrae op talle terreine van die samelewing, Suid-Afrika sou beslis veel armer gewees sonder dié skool se bedrae!
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row admin_label=”Row”][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image admin_label=”Ian Visser Hoërskool De Aar ” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Ian-Visser.jpg” alt=”Ian Visser Hoërskool De Aar ” title_text=”Ian Visser Hoërskool De Aar ” show_in_lightbox=”off” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image admin_label=”Jacomi du Plessis Hoërskool De Aar ” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Jacomi-du-Plessis.jpg” alt=”Jacomi du Plessis Hoërskool De Aar ” title_text=”Jacomi du Plessis Hoërskool De Aar ” show_in_lightbox=”off” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image admin_label=”Stephanie van der Merwe Hoërskool De Aar ” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Stephanie-van-der-Merwe-1.jpg” alt=”Stephanie van der Merwe Hoërskool De Aar ” title_text=”Stephanie van der Merwe Hoërskool De Aar ” show_in_lightbox=”off” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row admin_label=”Row”][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image admin_label=” Janike le Roux Hoërskool De Aar ” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Janike-le-Roux.jpg” alt=” Janike le Roux Hoërskool De Aar ” title_text=” Janike le Roux Hoërskool De Aar ” show_in_lightbox=”off” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image admin_label=”Juane Nel Hoërskool De Aar ” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Juane-Nel.jpg” alt=”Juane Nel Hoërskool De Aar ” title_text=”Juane Nel Hoërskool De Aar ” show_in_lightbox=”off” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image admin_label=”Robin Titus Hoërskool De Aar ” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Robin-Titus.jpg” alt=”Robin Titus Hoërskool De Aar ” title_text=”Robin Titus Hoërskool De Aar ” show_in_lightbox=”off” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]
Become a Sponsor