BULTIETROTS. Graad 7 top 3-akademiese presteerders eerste kwartaal.
Baie geluk!
VISIE
Die visie van die Hoërskool Bultfontein is om `n toonaangewende Afrikaanstalige waardegefundeerde opvoedkundige instelling wat kwaliteit, waardetoegevoegde onderwys en opvoeding op `n Christelike grondslag bied, te wees.
MISSIE
Onderwys is `n omgewing waar gelukkige leerders deur gemotiveerde personeel voorberei word vir die toekoms.
- Om entrepreneurskap by leerders aan te moedig.
- Om deur middel van akademiese uitnemendheid leerders toe te rus om, na voltooiing van graad 12, tot enige tersiêre instelling toegelaat te word.
- Om voortreflike fasiliteite, waarin akademie, kultuur en sport tot die leerders se volle potensiaal beoefen kan word, daar te stel.
- Om deur middel van toekomsgerigte denke alle vlakke van die skoollewe voortdurend te evalueer om tydige aanpassings te maak in die belang van die skool en koshuis.
- Om deur middel van sinvolle dissipline `n atmosfeer te skep waar daar wedersydse respek vir mekaar sal wees en die doeltreffende uitoefening van ons waardesisteem `n kenmerk van die skool sal wees.
- Om uitnemende finansiële bestuur, wat die totale bedryf van die skool en koshuis ondersteun, toe te pas.
LEUSE
Carpe Diem – Maak gebruik van jou geleenthede.