Clarina du Plessis van Hoërskool Bultfontein, het as deel van die Sing Aanlyn Produksie, vir ‘n jaar sang-opleiding ontvang deur Professionele kunstenaars. Na die opleiding gaan daar ‘n TV produksie gemaak word wat op Kyknet gebeeldsend sal word.
Bulties is baie trots op jou, Clarina!
Hoërskool Bultfontein het sy ontstaan in die jaar 1881 gehad. Deur die jare het ons skool standvastig bly staan, maar ook met trots gegroei. Ons pragtige skool met sy klipsteengebou met moderne fasiliteite en moderne koshuis is ons dorp se trots.
Bulties beskik oor puik sportgeriewe op die skoolterrein wat dit vir ons leerders toeganklik maak om sport op die sportveld te beoefen.