Agter vlnr: Mnr Johan Nieuwoudt (IGO Opvoeder) en Mnr Jannie Muller (Skoolhoof)
Voor vlnr: Branden Warwick, Marx Meyer en Rohan Smith
Hoërskool Brackenfell se Brugbou-span het aan die jaarlikse SAICE (The South African Institution of Civil Engineering) Internasionale brugbou-kompetisie by Southdowns College in Centurion deelgeneem. Die span het die eerste plek behaal. 15 Spanne van Hoërskole regoor Suid-Afrika het meegeding om die titel van die 2019 Brugboukampioen asook die groot kontantpryse te wen. Hoërskool Brackenfell se Brugbou-span het uitstekend gevaar en ‘n brug gebou wat slegs 120 g weeg en 244,2 kg kon dra. Wat hierdie span se prestasie so ongelooflik maak is dat die brug meer as 2000 keer sy eie gewig kon dra.
Baie geluk aan die Hoërskool Brackenfell se Brugbou-span met hul groot oorwinning. Brakkies is supertrots op julle!