Hoërskool Brackenfell, Kaapstad, se o.19 A-netbalspan het vele oorwinnings behaal in ‘n netbaltoernooi wat by Hoërskool Bellville se sportdag plaasgevind het.
Hoërskool Brackenfell se o.19 A-span het gewen teen Hoërskool Sentraal met 14-0 asook die volgende oorwinnings behaal: Curro met 13-1, Hoërskool de Kuilen met 11-10 en Hoërskool Eben Donges met 22-1.
Baie geluk met al julle oorwinnings.
Ons is baie trots op julle.
Agter vlnr: Syntiche Kabuya, Mirka van Dyk, Nokwazi Mkhwebane, Nadine Liebenberg, Cloé Smith, Donnay Limby en Chrizé Boonzaier.
Voor vlnr: Zanneri Marcus, Carey Connor en Mickah Coenraad