Hoërskool Brackenfell spog met 4 matriekleerders, Anri Coetzee, Lize Smit, Sanette Olivier en Maré du Toit, wat gedurende die tweede skoolkwartaal deelgeneem het aan die Minquiz-kompetisie wat by die Ingenieursfakulteit van die Universiteit van Stellenbosch plaasgevind het.
27 Skole met 4 leerders van elke skool het eers ‘n skriftelike toets afgelê wat gehandel het oor die Wetenskappe. Die skole was ingedeel in goud- en platinumgroepe. Hoërskool Brackenfell is uit die goudgroep gekies om aan die semi-finaal deel te neem waarna hulle die vierde plek behaal het.
Lize Smit was gekies om saam met 3 ander leerders van die Hoërskool Milnerton, Hoërskool Herzlia en Hoërskool SACS die Wes-Kaap gedurende die Junie-vakansie by die finale kompetisie in Johannesburg te verteenwoordig.
Die Wes-Kaap het ‘n tweede plek in die nasionale kompetisie behaal.
Lize Smit is beloon met ‘n tabet, baadjie, rugsak, powerbank en kontant en die skool ‘n kontantprys gewen.
Baie geluk aan Lize, Hoërskool Brackenfell is supertrots op jou!