)

Hoërskool Brackenfell Gr. 8’s Herwin en Hergebruik

Agter vlnr:  Zak Müller, Misha Marais, Anru Snyman, Dévan le Roux en Tyla van der Walt

Voor vlnr:  Chrisjan Groenewald en me. S. Kotze (Opvoeder)  

Die gr. 8’s van die Hoërskool Brackenfell het vanjaar weereens ‘n unieke LO-projek aangepak.

Omgewingsgesondheid is een van die onderwerpe wat in die LO-leerplan behandel word. Onder leiding van mev. Sandra Kotze en die ander LO-personeel het hulle in groepies van 2-4 stoeltjies gebou wat aan behoeftige dagsorg-fasiliteite geskenk word. Hierdie idee het sy oorsprong by die plaaslike VLV-tak van Brackenfell.

Die gr. 8’s moes net met herwinbare en herbruikbare produkte hul stoeltjies bou, naamlik die 2-liter bottels, hout, spons, versterkings en oortreksel. Die 2-liter bottels moes volgens die “Eco bricks” gevul wees en 400g elk weeg. Afmetings is ook vooraf verskaf vir die bou van die stoeltjies. Die skoolhoof, mnr. Jannie Muller, het persoonlik van die stoeltjies uitgetoets om te bewys dat dit stewig genoeg is dat ‘n volwassene daarop kan sit.

Verlede jaar het die gr 8’s buite-musiekinstrumente gebou wat in die multi-sensoriese tuin van die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester opgerig is.

Hierdie projek is ’n bevestiging daarvan dat Hoërskool Brackenfell ‘n skool IN die gemeenskap VIR die gemeenskap is.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal