Die film, Vaselinetjie, open op 22 September in fliekteaters. Die film is op 11 Augustus 2017 by die Hoërskool Bellville bekend gestel. Die regisseur, Corné van Rooyen, die aktrise Marguerite van Eeden (wat die hoofrol vertolk) en Elzet Nel (Killer) het die skool besoek. Dit was vir die Hoërskool Bellville veral lekker om een van ons oudleerders, Elzet Nel (Matriek 2014), weer by die skool te verwelkom. Ons sien almal daarna uit om vir Elzet op die grootskerm te sien.