Baie dankie aan Mnr Pieter de Villiers van P & P Security en Mnr Corrie Vrey van Steel Pipes Westrand vir die borg van ons manspersoneel se nuwe baadjies!
Bastion, P&P Sekuriteit en Steel Pipes Westrand het ‘n trotse vennootskap en ons glo dat hierdie verhoudings net van krag tot krag sal gaan.
P&P Sekuriteit is die borg van die rugby-afrigters se baadjies, asook die sekuriteits-infrastruktuur by Hoërskool Bastion. Steel Pipes Westrand borg Bastion se rugbytruie, die rugby-afrigters se baadjies en hulle is ook die hoofborg op al die skool se busse.
“Sonder hierdie twee maatskappye se belangstelling en insette sou Bastion se sport nie op die hoë vlak presteer waar ons tans is nie. Hulle waarde tot ons skool en omgewing is van onskatbare waarde,” het Meneer Wesley Pretorius, sportorganiseerder by Hoërskool Bastion, gesê.
Foto heel bo:
(Van Links): Mnr Gert Koekemoer (Bastion Hoof); Mnr Corrie Vrey (Steel Pipes Westrand); Mnr Pieter de Villiers (P&P Security) en Mnr Wesley Pretorius (Sportorganiseerder: Bastion)
Verskaf deur: Monique Naudé