ANHS spog met hul puik onnies!
Nie eers ‘n grendeltydperk kon die ANHS onnies stuit nie. By die jaarlikse Joe Gqabi District Achievement Awards seremonie is ‘n hele bakkievrag van ANHS se onnies vereer vir hul pratige uitslae tydens die Matriek-eindeksamen van 2020. Hoërskool Aliwal-Noord wens graag die volgende onderwysers geluk:
Me. Meyra Venter se matrieks behaal 100% slaagsyfers vir Afrikaans Huistaal, Me. Lise-Marie Kruger behaal 100% slaagsyfer vir Rekeninkunde en Mnr JF Bosch behaal 100% slaagsyfer vir Ingenieursgrafika en Ontwerp.
Me. Ilse Booysen en Me. Sandra Watkins behaal elkeen 7 onderskeidings vir hul vak, Lewenswetenskappe. Mev. Ananda Visser en Mev. Naomi Liebenberg behaal elk 5 onderskeidings vir hul vak, Wiskunde Geletterdheid. Me. Rochelle Vorster behaal 8 vakonderskeidings vir English First Additional Language asook die meeste onderskeidings vir Engels FAL in die distrik!
ANHS verwerf die tweede plek in die Joe Gqabi Distrik met hul tweede hoogste Graad 12 slaagsyfer. ANHS word vereer met nog ‘n tweede plek posisie vir die tweede meeste Baccaulareus Graadstudie kandidate in die Joe Gqabi distrik.
Baie geluk, trotse Alies! My trop, my trots!