Foto: Marnus Snyman en die logo wat hy ontwerp het
Tydens die inperking kon ons nie soos in die verlede landsdiensmiddae hou nie. Dus het Oos-Kaap Landsdiens besluit om ‘n paar uitdagings aan die landsdieners te stel. As motivering het die landsdieners kans gestaan om pryse te kon wen. Een van hierdie uitdagings was om ‘n nuwe logo te ontwerp vir ons Oos-Kaap Landsdiens T-hempde. Marnus Snyman, van Alies Landsdiens, het met sy kreatiewe her-ontwerp van die ou logo, hierdie kompetisie gewen!
Geluk Marnus met die mooi uitbeelding van die landsdiens se vier liefdes!