Die nasionaal bekende ekonoom, Mnr Dawie Roodt en sy assistent Mnr Riaan Prinsloo, het Alie-land besoek om hul rykdom van ekonomiese kennis en beleggings met die leerders te deel.
Die bekwame Mnr Roodt het die gesogde Efficient Wealth Group gestig. Meneer Roodt is die hoofekonoom van die Efficient Group Limited en dien ook as voorsitter van die groep. Nie net is Meneer Roodt ‘n briljante ekonoom met 30 jaar ervaring onder die blad nie, maar hy is avontuurlustig en het ‘n groot passie vir die natuur.
Mnr Roodt is een van die mees gesiene ekonome in die media en is die afgelope twaalf jaar die ankeraanbieder van die televisieprogram Ontbytsake.
Dit was vir Alies ‘n groot eer om ‘n legende soos Mnr Roodt te verwelkom. Sy passie en entoesiasme is aansteeklik.
Foto verskaf