)

Hoërskool Adamatia leerders neem aan FBI sjefkompetisie deel

Juf. Rheeder, Kayla Oosthuizen, Dillen Kruger en Juf. Oosthuizen

Op Saterdag, 15 Augustus, het agt van Hoërskool Adamantia, Kimberley, se Graad 12-Gasvryheidstudieleerders,  Carmen Bekker, Dillen Kruger, Tiaan Erasmus, Chamon Olyn, Anke Brits, Kayla Oosthuizen, Thato Moraile en Franshelle Buffel aan “Food and Beverage Institute” (FBI) se jaarlikse sjefkompetisie deelgeneem.

Elkeen van hierdie agt leerders het ‘n studiebeurs van R10 000 van FBI ontvang. Die leerders het 3 ure gehad om hul disse voor te berei. Hierdie disse was beperk tot sekere verpligte bestanddele soos hoender vir die hoofgereg en donker sjokolade met bessies vir die nagereg. Elke deelnemer se disse was kreatief en verbeeldingryk.

Adamantia is baie trots om te kan sê dat die Noord-Kaap se 1ste en 2de plek Addie-leeders is. Kayla Oosthuizen behaal ‘n eerste plek met ‘n R30 000 beurs en Dillen Kruger behaal ‘n tweede plek met ‘n R20 000 beurs.

Ons wens hierdie leerders alle voorspoed toe vir die toekoms en mag julle altyd Addies se naam hoog hou.

Vlnr: Kayla Oosthuizen en Dillen Kruger

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal