)

Hoërskool Adamantia: Gebed van ‘n ma aan haar seun

Vandag begin die Matrieks met eindeksamen. LO is op vandag se spyskaart.
As jy ‘n kind in matriek het weet jy dat hierdie een van die stresvolste tye in ‘n kind en ouer se lewe is. Het jou kind genoeg geleer…… verstaan jou kind die werk…… en so kan ek aangaan.
Soms is dit lekker om so bietjie te lag om die atmosfeer ligter te maak asook die stresvlakke.
10 Dinge wat elke matrikulant moet weet
(Deel met elke ouer en matrikulant!)
1. ‘N Ma wat karring is ‘n ma wat omgee
2. Daar gaan altyd iemand wees wat vra of jy reg is vir die eksamen. Niemand weet regtig wat die regte antwoord hierop is nie. Vermy hulle maar eerder.
3. Vermy ook mense wat heeltyd vra “ wat gaan jy volgende jaar doen.” Dit is soos om op jou verjaarsdag te vra wat jy vir volgende jaar se verjaarsdag beplan.
4. Rekeningkundevraestelle is gemaak om nooit te balanseer nie.
5. Harde lekkers in ‘n eksamenlokaal is net so erg soos iemand wat heeltyd praat in ‘n fliek.
6. Een pen is te min, twee penne is veilig, tien penne is gretig.
7. Calculators sal heeljaar werk…tot die dag van die eksamen. Koop ekstra batterye.
8. Eet iets voor die eksamen. ‘n Grommende maag is soos ‘n lastige kleurblind eks wat nie die blou merkies op whatsapp kan sien nie – dit hou nie op nie.
9. Dit is makliker om water in ‘n sif op te vang as om minute voor die eksamen nog nuwe dinge te probeer leer.
10. As jy ‘n break wil vat doen dit. Probeer iets te doen wat nie veel breinkrag vereis. Soos om die kat te kam.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal