)

Hoër Meisieskool Oranje help met simfonieorkes

Foto: Die matrieklede in 2020 se OMS-simfonieokes is van links, voor: Christi, Anke, Jana, Michelle; agter: Ivanke, Kayla de Jager, Ebet Bouwer, Rehanjo, Charlotte, Celenté van Zyl. Afwesig: Kaitlin Els.
Vir ’n klompie integrale lede van Oranje se simfonieorkes die laaste paar jare was orkes-oefening die ekwivalent van gimnasiumoefening. Want behalwe vir die 170 kalorieë per uur wat Anke Rheeder met haar viool kon verbrand, het die oefening hulle ook energie verskaf, sê Jana Campbell.
“Jy kom moeg by die oefening aan, maar gaan daar weg met nuwe energie,” beskryf Jana dit.
“Jy was dikwels nie gretig vir oefening nie, maar as die musiek eers begin het, het dit lekker geword,” verduidelik Anke.
Dan moes hulle dikwels eers van hulle afrigter, mnr. Heinrich Lategan, hoor: “Kom ek vertel julle gou hierdie storie.”
Anke, Charlotte Doubell, Christi Dempers en Rehanjo Swanepoel was die enigste van die 11 matrieks in vanjaar se orkes wat ’n instrument kon bespeel toe hulle in gr. 8 arriveer het.
Daarna het baie van hulle maats ook aangesluit. “Dit was seker maar groepsdruk,” sê Rehanjo.
Volgens Lategan het die nuwelinge gewys dit ís moontlik om eers in jou hoërskoolloopbaan ’n instrument baas te raak. Almal het op gr. 4 of gr. 5-vlak geëindig.
Hy praat met groot lof van 2020 se orkes matrieklede. “Hulle is die leerders wat van ’n skoolorkes ‘n simfonieorkes gemaak het omdat ons alle instrumente daarin gehad het. Selfs ’n fagot (deur Ivanke van Jaarsveld). Ons het ook vir die eerste keer in jare ’n altviool gehad (wat Jana en Michelle Strydom gespeel het).”
Volgens Lategan het die orkes geweldig uitgebrei van 2016 met ’n beginnersorkes wat selfs in die lewe geroep is.
Volgens die groep was daar oor die vyf jare vele onthou-oomblikke, aangename ervaringe en was enige konsert-optrede ’n hoogtepunt, spesifiek die interskoles. Hulle sonder ’n massa orkes-extravaganza, Judas Iskariot-musiekspel en konserte in die Odeion-teater as ander hoogtepunte uit.
Wanneer hulle gereis het, was Anke se viool (haar “baba”) altyd op haar skoot en sy haar kop lekker op die viooltas rus.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal