Daar is seker min dinge wat ’n mens se aandag (en in die geval jou hart) so vasvang soos ’n foto van ’n hoërskoolkind in haar pa se arms wat in pyn verkeer.
Anandie Bester het drie jaar gelede op die Waterkloof-netbaltoernooi as kaptein van Oranje se eerste span haar ligamene rondom haar een enkel geskeur.
“Ek moes van die baan af kom sodat die wedstryd kon voortgaan. My pa het vir my kom sê ek moet vashou, hy het my. Hy het my toe na die ambulans, net langs die baan, gedra,” onthou Anandie.
Sy woon deesdae in Frankryk en is verloof aan die gewese Cheetah-rugbyspeler, Nico Lee.