)

Hoër Meisieskool Oranje sluit weens…. sneeu!

Diegene wat opgewonde was oor die kapok wat Dinsdagoggend vir ’n kort wyle by Oranje geval het, sou spyt wees hulle was nie 56 jaar gelede al op skool nie, want toe het die skool vir ’n dag gesluit weens die hoeveelheid sneeu wat oornag geval het!
En dit boonop tydens die eksamen in Junie. Annet Holtzhausen, ’n Oranje-leerder van 1964, het dié dag se gebeure neergepen wat later in die eeufeesboek, ‘Meetsnoere’, gepubliseer is.
“Ons het sowaar nie vandag skool toe gegaan nie. Natuurlik het ons nie eksamen geskryf nie. Vanmôre teen 03:00 toe ons opstaan om te leer, was die wêreld onder ’n wit mantel van kapok versteek.
“Toe die opstaanklok lui, was die meeste dogters al op. Telefoondrade met die dikte van ’n tennisbal moes sukkel om hulle vrag bo te hou en bome het met knarsende takke in die kapok neergeplof.
“Toe kom die verrassende nuus: daar is nie skool nie. Ons moes warm aantrek vir ’n heerlike sneeugeveg! Party het uit pure lekkerkry plat in die sneeu gaan lê. Sneeumanne het oral op die hokkiebaan verrys.
“Op voorwaarde dat ons nie met sneeuballe sou gooi nie, het juf. Spies ons later geneem om Naval Hill uit te klim. Al gly-gly en potblou van die koue, is ons daar weg.”
Christa Strydom, wat daardie jaar in matriek was, sê sy onthou hoe die paaie vol sneeu was. “ ’n Spul leerders het by ’n sportgronde naby aan die Parkweg-polisiestasie bymekaargekom om in die sneeu te speel.
“As ek reg onthou moes ons Engels die dag geskryf het. Daardie jare was dit ongehoord om ’n skooldag af te kry.”
Baie dankie vir die lekker herinnering!
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal