)

Hoër Meisieskool Oranje se Lisa Cronjé verwesenlik haar droom

Ofskoon dit net ’n rukkie lank ’n werklikheid was, kon Lisa Cronjé wel vanjaar haar laerskooldroom verwesenlik.
Dít was om saam met haar jonger sussie, Lea, baan te vat vir die eerste netbalspan.
Lea het haar vanjaar by Lisa (gr. 12) in dié span aangesluit vir wie Lisa verlede jaar haar buiging gemaak het.
“Ek het baie uitgesien om my laaste jaar uit te draf vir Oranje se eerste span, veral om vanjaar saam met Lea vir die eerste keer te speel, want ons droom al van laerskool daaroor,” sê Lisa.
“Ek en my spanmaats het baie goed oor die weg gekom en ek het baie uitgesien na al die wedstryde, maar veral die sosiale kant, want daar word slegs gelag. Ons doelwit was om weer die Vrystaatbeker in die lug te kon steek.
“Ek sal nog ‘n jaar in Oranje bly as ek moet, net om nog een wedstryd vir Oranje se eerste span te speel en my wit baadjie met trots te dra.”
Lisa sonder verlede jaar se eindstryd van die Vrystaatbeker teen Sentraal uit as die kragmeting wat haar die langste van haar hoërskoolloopbaan sal bybly. Oranje het met een doel geseëvier om die eerste keer nog die beker te verower.
“Mense het van die begin af gesê ons gaan verloor, maar ons het in onsself geglo en onsself bewys.”
Volgens haar sal sy dit altyd koester om haar skool se eerstes te kon verteenwoordig.
“Dis ‘n eer vir enigiemand om in ‘n skool se eerste span te speel, veral ‘n skool soos Oranje. Die ondersteuning van die skool was altyd baie spesiaal en die onderwysers het moeite gedoen om elke netbaltoer vir ons baie lekker te maak.”
Haar boodskap aan haar spanmaats van 2020 is: “Ons was hier vir ‘n goeie tyd, nie ‘n lang tyd nie. Speel elke wedstryd asof dit jou laaste is, want partykeer kom die laaste een vinniger as wat jy dink.”
* Die artikel is ’n eerbetuiging aan Lisa vir haar diens aan die skool se 1ste netbalspan en vir dit wat sy vanjaar vir die span sou beteken het, maar nie die kans gekry het nie.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal