Twee ruiters van die Hoër Meisieskool Oranje het ’n eerste plek in die driegang- en vyfgangkampioenskappe op die naweek se Suid-Afrikaanse saalperdkampioenskap verower.
Jazelle Strydom (16) was eerste in die Kampioen vyfgang 15.1 hand en onder en Wilana Wolfaardt (17) was die wenner in die afdeling Natuurlike maanhare en stert vir ruiters 18 jaar en onder. Jazelle het ook twee derde plekke behaal in die Kampioen van kampioene – vyfgang ruiterkuns en in die Kampioen vyfgang-kinderryperd ruiters 16 jaar en onder. Izabeth Smit (18) was derde in die Kampioen driegang ruiterkuns ruiters 18 jaar en onder.
Foto’s verskaf