Foto Voor vlnr: Nadia Vorster, Charné Wansbury, Germarie Spershott, Roline Louw en Amoray Weyers
Agter vlnr: Carlé Stockenström, Karla van der Westhuizen, Marilet Blom, Diné le Roux, Nécke Verster en Cara Smith
Inlas vlnr: Anné Prinsloo, Ané Janse van Vuuren en Johani van Tonder
Vir die tweede agtereenvolgende jaar is ’n rekordaantal van 14 Oranje-atlete in die Vrystaatspan opgeneem vir die Nasionale Hoërskole-kampioenskappe.
Dit vind van 7 tot 10 April in die Paarl plaas. In 2017 en 2019 het Oranje tien atlete in die span gehad, maar voorheen nooit meer as nege nie. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar wat Johani van Tonder haar provinsiale kleure op hoërskoolvlak verwerf en ’n derde keer vir Charné Wansbury en Germarie Spershott.
Die volgende 14 atlete is verkies:
Nadia Vorster (hoogspring), Charné Wansbury (100m en 200m), Germarie Spershott (100m-hekkies en 400m-hekkies), Roline Louw (400m), Amoray Weyers (verspring), Carlé Stockenström (400m en 800m), Karla van der Westhuizen (verspring), Marilet Blom (90m-hekkies en 300m-hekkies), Diné le Roux (90m-hekkies), Nécke Verster (400m), Cara Smith (90m-hekkies en 300m-hekkies), Anné Prinsloo (spiesgooi), Ané Janse van Vuuren (verspring) en Johani van Tonder (verspring en driesprong).