)

Hoër Meisieskool Oranje leerders in Nasionale Sportspan

Foto bo: Danielle Joubert

Die jaar is skaars twee weke oud en Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein het reeds twee dogters in ’n nasionale sportspan. Die gr. 10’s Danielle Joubert (boonste foto) en Miché Johns (onder) is verlede week in die nasionale tetrathlonspan span van die Suid-Afrikaanse Moderne Vyfkampvereniging ingesluit.Hulle gaan aanstaande maand aan die Junior Pentathlon-wêreldkampioenskappe in Egipte meeding.Danielle gaan vir sowel die o.17- en o.19-span deelneem en Miché vir die o.17’s. Hulle is twee van vier meisies in die SA-span.Die span is gekies op grond van deelnemers se uitslae op verlede jaar se Suid-Afrikaanse Pentathlon- en Laser Run-kampioenskappe in Maart en bykomende ligas in Desember. Danielle was op die SA’s tweede in die laser run en in die pentathlon vir o.17’s. Miché kon weens ander verpligtinge nie deelgeneem nie.Tetrathlon vir o.17’s bestaan uit skerm, 200m swem, 3 x 800m hardloop tesame met laserpistoolskiet tussen elke ronde. Vir o.19’s is die hardloop 4 x 800m.

Miché Johns 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal