Vier leerders van Oranje, Anriette Otto, Kamryn Lowe, Helené Jansen van Rensburg en Marlé Strauss sal hierdie naweek as finaliste in Dramaweb SA se aanlyn-dramakompetisie hulle talente tydens ’n regstreekse stroming tentoonstel.
Deelnemers kon in Engels en Afrikaans inskryf vir enigiets van ’n gedramatiseerde/ongedramatiseerde gedig en/of prosa, monoloog tot selfs mimiek.Helené Jansen van Rensburg en Marlé Strauss, twee matrieks, sal Saterdag en Sondag vanaf 15:00 hulle plek voor die kamera inneem. Hulle het na die Afrikaans en Engelse eindronde deurgedring. Die gr. 9’s Anriette Otto en Kamryn Lowe sal Sondag van 13:00 in die Engelse eindronde optree.
Vier beoordelaars sal die optredes evalueer. Die aankondiging van die wenners en die prysuitdeling gebeur vanaf 17:30.
Kyk dit op www.dramawebsa.co.za.