Lize-Marie Davidson van Hoër Meisieskool Oranje het op haar 17de verjaardag, 18 Oktober 2020 die nuus ontvang dat sy vir die Suid-Afrikaanse senior kortbadkampioenskap gekwalifiseer het.
Dit word vanaf Saterdag tot Dinsdag in Pietermaritzburg aangebied. Sy gaan in die 50m-, 100m- en 200m-rugslag en die 50m- en 200m-vryslag meeding.
Dit is nie die eerste keer dat sy kwalifiseer nie, maar die eerste keer wat sy by hierdie gala gaan swem.
Lize-Marié sluit haar by Chloë le Roux (gr. 10) en Tailyn Seyffert (oudleerder) aan wat ook daar in die water sal wees.