)

Hoër Meisieskool Oranje kry nuwe Duitse onderwyser

Só ‘n omgee-skool het Duitser nog net in flieks gesien.

Wel ter tale en vars uit Osnabruck in Duitland. Haar moedertaal is Fins, maar voeg hierby Engels, Duits, Frans, Spaans en ‘n bietjie Russies, dan kom ons uit by die splinternuwe Duitse juffrou by Oranje, juf. Satu Marja Reiman, wat Fairytale Berry beteken.

By die huis praat hulle Duits of Fins en dit was vir haar ‘n verrassing dat sy by ‘n Afrikaanse skool, vanuit Duitsland beland het. Sy laat egter geen gras onder haar voete groei nie en is alreeds besig om Afrikaans aan te leer en kan al ‘n gesprek in Afrikaans volg. Haar man en twee seuns is saam met haar in Suid-Afrika, maar hulle geliefde hond en oudste dogter het egter in Duitsland vir verdere studies agtergebly.

Die droom om ’n onderwyseres te word was van jongs af daar. Sy het ook baie familielede wat in die onderwys is en wat haar ondersteun het om gestalte aan haar droom te gee. Sy is verstom oor Oranje se dissipline en tradisies en verstaan nou waarom Oranje so suksesvol is.

Haar hart is eintlik seer dat hierdie twee aspekte in Duitse skole agterweë gelaat word. Sy het baie respek vir die leerders wat haar deel maak van die skool. Sy beskryf haarself as teruggetrokke en voel nog soms onseker in die Afrikaanse milieu. Die leerders het na haar uitgereik en haar vinnig deel van die Oranje-famililie gemaak. Hulle is gaande oor haar unieke uitspraak van woorde.

Om tyd in die natuur te spandeer is iets waarvoor juf. Reiman baie lief is en dis hoe sy ontspan en tyd saam met haar familie deurbring. Sy beskryf Oranje as ’n vriendelike omgee-skool en iets wat sy nog net in flieks gesien het.

Sy is baie opgewonde en ywerig om haar vaardighede as Duitse onderwyseres aan die leerders van Oranje oor te dra.

— Deur Karli van Heerden (OMS-redaksielid)

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal