Foto 1 vlnr: Chamé van Zyl, Natalie Pretorius, Anya Taljaard en Wilana Wolfaardt. Foto 2 vlnr: Danielle Cloete, Ayanda Mfazwe en Mia Janse van Rensburg
Ná dekades van die ou dramadrag (leotard en romp) het Oranje se drama-onnie, juf. Retha Pool gereken dis tyd vir vernuwing.
Leerders wat dramatiese kunste van gr. 10 tot gr. 12 neem, moet in hulle swart dramadrag praktiese eksamens en ander optredes doen.
Juf. Pool het ’n nuwe ontwerp bedink en mev. Esmé van der Merwe by @OMS het elke leerder se rokkie volgens hulle mates gemaak.
Die gr. 10-dramaleerders was die eerstes om in hulle nuwe drag te pronk vir hulle derde kwartaal se praktiese assesseringstaak (’n gedig voordra).
Foto’s verskaf