11 VRAE AAN JANA:
1. Wat het jou op Oranje laat besluit? Die eerste keer toe ek by die skool instap vir my afspraak met juf. Matthee het ek net so ’n gevoel gekry ek hoort hier en dit was daardie gevoel wat my laat besluit het.
2. Wat geniet jy die meeste van Oranje? Definitief die tradisies, want daarmee saam bou ’n mens rêrig spesiale herhinneringe.
3. Hoe sal jy graag hier onthou wil word? Ek sal graag net wil onthou word as iemand wat mense vriendelik gegroet het op die stoepe en as iemand wat dinge passievol gedoen het.
4. Wie was jou skoolheld (leerder of onnie) in gr. 8? Ons hoofdogter en netbalkaptein van 2016, Marétha van Heerden. Ek het opgekyk na hoe sy die skool en netbal gelei het en sy was vir my ook ’n briljante speler.
5. Wat is jou belangstelling(s) buite skoolverband? Ek speel ukulele en kitaar en vat graag middagslapies.
6. Het jy ’n verskuilde talent(e)? Ek is nie seker of dit as ’n talent tel nie, maar ek kan verskriklik vinnig eet.
7. Is daar nog sport-uitblinkers in jou familie? My pa, Willie, het op sy dag vir die Springbokke gespeel.
8. Is jy ’n introvert of ekstrovert? Ek sien myself as ’n ekstrovert omdat ek my energie tussen mense kry en ek geniet dit om tussen mense te wees.
9. Wat frustreer of irriteer jou die meeste? Wanneer daar ou tandepasta in die wasbak vasgeplak is en wanneer iemand iets aanpak met ’n gesindheid van “ek gee nie eintlik om nie”.
10. Watter eienskap waardeer jy die meeste in mense? Ek waardeer dit as mense iets vir ander doen, sonder om iets terug te verwag en ook wanneer hulle ander met respek hanteer.
11. Saam met watter celeb het jy ’n foto? Ek het soos Flo Truter ’n foto saam met elke lid van Spoegwolf.
* WATTER SPANLID (DIT SLUIT JOUSELF IN):
– Oefen die hardste? Zanelle Jansen van Rensburg en Janine Moolman
– Eet die gesondste? Zanelle
– Eet die meeste lekkergoed? Eilir Lindeque
– Is die meeste op haar foon? Ek
– Raak die vinnigste gespanne? Flo Truter
– Het die beste algemene kennis? Carli Olivier
– Is die stylvolste? Lisa en Lea Cronjé
– Kan nie ophou praat nie? Essie Pretorius en Janine
– Vertel die beste grappe? Essie
– Is ’n potensiële toekomstige onnie? Lehandri Robberts