’n Paar van juf. Chanmari Erasmus se drama-leerders het Woensdagaand vir haar op die planke kom kyk.
Juf. Erasmus, drama-onnie en deeltydse aktrise, speel vandeesweek saam met Nelien Smith in die stuk Die Stoel.
Wilma en Karen loop mekaar ná jare raak in ‘n wagkamer van Home affairs van alle plekke. Die plek is vuil, die diens is swak en om dinge nog erger te maak is daar net een stoel. Skinderstories, oud liefdes, skandes en blokraaie verdryf die tyd, maar ons ontdek gou dat die florescent lig dalk meer vergewe as tyd.Dit word nog Donderdagaand om 18:30 by die Hoërskool Fichardtpark se Klein Teater opgevoer. Kaartjies kos R80.
Foto verskaf