)

Hoër Meisieskool Oranje: Monique Davidson se prestasies beloon

Monique Davidson se uitstekende punte in fisiese wetenskap in verlede jaar se matriekeksamen het nie ongesiens verbygegaan nie. Sy is in die wedloop om deur die Nasionale Wetenskap en Tegnologieforum (NSTF) beloon te word vir die 98% wat sy behaal het.
Die jaarlikse NSTF-toekenningsgeleentheid het 30 Julie plaasgevind en is aanlyn aangebied. Dit staan bekend as die oscars van wetenskap in Suid-Afrika waarop die land se voorste wetenskaplikes vereer word. ’n Totaal van 15 Suid-Afrikaners het ’n eerbewys ontvang vir hulle bydrae tot die gebied van wetenskap, ingenieurswese en tegnologie.
Monique, wat vanjaar medies aan Kovsies studeer, is een van twee Vrystaatse matrieks van 2019 wat erken word vir 90% of meer wat hulle in fisiese wetenskap en wiskunde vermag het.
Monique was Oranje se beste presteerder in sowel fisiese wetenskap as wiskunde (94%). Sy was een van nege Oranjeniete in die top-50 in die Vrystaat met haar sewe onderskeidings.
Die geleentheid duur van 19:00 tot 20:40 en kan gevolg word by www.bit.ly/moniquedavidson
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal