Mnr. Hennie Uys het vir die graad 12’s van Oakdale by die melkstal gewys hoe KI werk.
Kunsmatige inseminasie is ‘n proses wat wetenskaplik baie akkuraat uitgevoer moet word om suksesvol te wees. Die koei moet waargeneem word om vas te stel of sy op hitte is en dan op die regte tyd geïnsemineer word.
Die graad 12 Landbouwetenskap-leerders skryf ook eksamen oor die proses.