Hoër Landbouskool Marlow. Marlow is baie opgewonde om saam met Jami Pasque – oud ouer, Inteligro en Sakata, die Marlow Groenteprojek te begin. Die borgskap aan Hoër Landbouskool Marlow van Cradock behels gratis saad, kunsmis, gif en al die kundigheid wat nodig is.
Hierdie projek skep die geleentheid vir die skool se Wolramme om die groentebedryf te leer ken. By Marlow poog hulle om die seuns nie net teoretiese maar ook praktiese opleiding te gee vir die werklikheid van boerdery. Dankie aan almal wat die projek ondersteun.
Spesiale dank aan Jami, Henry van Marlow Boerdery en die graad 11 LBP leerders wat gister, 26 Januarie, die projek afgeskop het.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za