Chris Prinsloo van Paarl Boys’ High het die afgelope naweek aan die WP Kano-unie se WP-marathonkampioenskap deelgeneem waar hy in die K2-afdeling vir seuns o.18 tweede gekom het. Die marathon is vyf rondtes van 3,9 km elk. Hy en sy roeispanmaat gaan nou in Augustus in Pietermaritzburg aan die SA-marathonkampioenskap deelneem. Boishaai is baie trots op jou, Chris! Ons wens jou sterkte toe vir die Augustus- marathonkampioenskap!
Become a Sponsor