Christiaan Viljoen van Paarl Boys’ High het by die Paarl Hengelklub se vierde visvangkompetisie te Theewaterskloofdam uitstekend gevaar. Hy is o.15 en het eerste gekom in die junior afdeling. Christiaan neem op 3 Junie deel aan die Varswaterhengelklub se WP-proewe te Paarldam. Sy gelukbringer is sy Boishaai-hemp. Hy vang altyd met daardie hemp vis en staan al bekend as die Boishaai-visvanger by die Paarl-klub. Hy lê tans algeheel 31ste in die klub (en dit sluit seniors, juniors en dames in). Boishaai is baie trots op Christiaan.
Become a Sponsor
Eastern Cape Schools
Freestate
Gauteng Schools
Kwazulu Natal
Latest News
Limpopo Schools
Mpumalanga Schools
North West Schools
Northern Cape Schools
Schools that Rock
Western Cape Schools