HoĆ«rskool Noord-Kaap in Kimberley, se eerste rugbyspan het die afgelope Paasnaweek aan die Kearsney Easter Rugby Festival in Botha’s Hill, net buite Durban, deelgeneem. Dit is een van die top Paastoernooie in die land met van die land se voorste skole. HoĆ«rskool Noord-Kaap wen twee van hul drie wedstryde en verras baie met hierdie uitstekende uitslae.
HNK het hul eerste wedstryd met 10-29 verloor teen Selborne College nadat die span 0-19 halftyd agter geloop het. HNK het daarna teen HTS Middelburg te staan gekom en met 27-21 teen die Rooi-bulle geseƫvier. Hul laaste wedstryd was teen Dr. EG Jansen van Boksburg.
Nadat EG Jansen as duidelike gunstelinge beskryf is, het HNK met 24-19 gewen. Kommentators en beamptes was veral beĆÆndruk met die span se agterspelers en ondernemende spel met ‘n oorwegend baie kleiner span as hul opponente.
Spelers wat uitgeblink het vir die span was heelagter en kaptein, Elzandro Fredericks, buitesenter Keano Windvogel en slot Franco Stassen.
HNK speel Saterdag, 27 April, tuis teen Hoƫrskool Sentraal van Bloemfontein. Daarna is hulle in aksie tydens die Wildeklawer skoletoernooi teen Helpmekaar en Hoƫrskool Outeniqua.
Foto bo: Alnino Lorten laat loop die bal