Individuele sport – Kristin Meyer – Atletiek Hoërskool Strand
Kristin Meyer neem reeds van veertienjarige ouderdom getrou aan atletiek deel – aanvanklik aan die langer hardloopitems, maar mettertyd het sy letterlik in die voetspore van haar ander stappende susters gevolg en die moordende stapitems aangedurf. Dit is duidelik dat sy haar nie deur hierdie intimiderende en uitputtende afstande laat onderkry nie en het gekwalifiseer om aan die ASA Jeug- en Junior Kamioenskap deel te neem. In ? tierende suidoostewind by die Groenpunt-stadion het sy getoon dat deursettingsvermoë ook in klein pakkies gebêre word en die silwer medalje in die 5000 m vir dogters o.17 verower. Kristin is ? waardige ontvanger van die beker vir Sportvrou van die jaar.