Justin McLaren en Hardus Rothmann, albei leerders van die Hoërskool Ermelo, het gedurende die afgelope vakansie aan die SA-Bokkiestoernooi in Namibië deelgeneem. Die o/16-span het teen Upington, Karibi, Walvisbaai en Windhoek Affies te staan gekom. Die span het baie goed presteer.
Hardus Rothmann was in een van die wedstryde as man-van-die-wedstryd aangewys. Hy is ook aangewys as beste voorspeler van die toernooi!
Dis ‘n besondere prestasie! Baie geluk, Hardus! Die Erries is baie trots op jou!
Op die foto bo: Hardus Rothmann met sy trofee
Become a Sponsor









