Hansieweek Hokkietoernooi. Hoërskool Sentraal, Bloemfontein, se dogters- en seunshokkiespanne het tydens die Hansieweek Hokkietoernooi, wat van 27 Maart tot 1 April plaasgevind het, hul talent en vasberadenheid op die veld ten toon gestel. Beide spanne het sterk vertonings gelewer en eindig trots as tweede in die toernooi.
Dogters o.18B-span
- vs Curro Kathu o.18A – wen 3-0
- vs Hans Stijdom o.18A – verloor 0-2
- vs Wilgerivier o.18A – wen 4-0
- vs Piet Potgieter o.18A – wen 3-0
- vs Piet Potgieter o.16A – wen 2-0
- vs Riverwood College – gelykop 1-1
👉 Eindig tweede in die toernooi.
Seuns o.18-span
- vs Stofberg o.18A – wen 2-0
- vs Benoni High o.18A – verloor 3-0
- vs Windhoek o.18A – gelykop 2-2
- vs Benoni High o.18A – verloor 3-0
- vs Windhoek o.18A – wen 1-0
- vs Stofberg – wen 2-0
👉 Eindig tweede in die toernooi.
Spelers van die wedstryde
Seuns: Liam Blake, Lesedi Ntja, Daniël Buys (kaptein) en Reinhardt Bezuidenhout.
Dogters: Carla Loots (kaptein), Natania Bezuidenhout, Anneke Wolvaardt, Lia van der Westhuizen en Cara Smit.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










