Hoërskool de Aar:  GWK Karoofees Gees!!!!

Aan voornemende leerlinge baie welkom by Hoërskool De Aar. Vir langer as agt dekades het HSDA werklik daarin geslaag om ‘n trotse akademiese, sport- en kulturele rekord te handhaaf. Die skool se leuse is: Qui Petet Inveniet. Wie soek sal vind.

Hoërskool De Aar bied wonderlike geleenthede aan elkeen van ons leerlinge en almal wat hierdie geleenthede aangryp, sal help bou aan hierdie trotse rekord. Jy kan ook uitstyg by HSDA. Aan Ouers van voornemende leerlinge, Hoërskool De Aar strewe daarna om elke leerling in totaliteit te ontwikkel, sodat hulle ‘n volwaardige plek in vandag se dinamiese samelewing kan volstaan. U as ouers/voog speel ‘n kardinale rol in hierdie vennootskap tussen skool en ouer. U liefde, aanmoediging en belangstelling in u kind se totale menswees, is onontbeerlik. Ons strewe daarna om deur verskeie kanale, noue kontak met ons ouerkorps te handhaaf. Dit is vir die Hoërskool De Aar ‘n voorreg om betrokke te wees by hierdie besondere fase in u kind se ontwikkeling. Aan Oud-skoliere en belangstellendes, sonder u sal HSDA baie armer wees.

Dankie vir u voortdurende belangstelling in HSDA. U bydrae oor meer as tagtig jaar, maak HSDA ‘n wonderlike instelling. Ons sien uit na u lewenslange verbintenis met HSDA

Become a Sponsor