
Malé Hoft het die naweek van 15 Oktober 2016 by die Noord Kaap Saalperd Streekskou uitstekend gevaar.
Sy het eerste plek in die 3 gang 4 jr en onder hings/merrie/reun in ‘n volwasse klas, met THE LADY IS FRENCH vir die Dream Acres Equestrian Centre. Sy het die eerste plek in die 18 jr en onder nie-saalperd klas met KONSTABEL. Sy het die eerste plek in die 18 jr en onder Ruiterkuns klas met haar skouperd EF FEVER PITCH
Tydens die Vertonersonthaal is sy vereer met ‘n goue sertifikaat van die Upington Saalperd Klub vir haar Senior Protea Kleure 2016, asook ‘n Trofee vir Uitnemende Prestasie vanaf 2012-2016 in Ruiterkuns as Junior en Senior Protea, sowel as met die hoogste individuele punte in die span tydens die Proewe, asook Ruiterkuns Kampioen van Kampioene, 2014 en 2016, asook Reserwe Kampioen 2015.
Sy was ook die Noord-Kaap no 1 ruiter vanaf 2013-2016, asook die Kaptein van die span vir dieselfde tydperd.
Become a Sponsor